Huiseienaars word aangemoedig om meer bewus te wees van wat in beheerliggaams gebeur
- Saamgestel deur Jana Roos

- 6 days ago
- 1 min read
Eienaars en inwoners wat in deeltitelskemas en komplekse in Suid-Afrika woon, word aangespoor om meer bewus te wees van wat in beheerliggaams gebeur.
Die sektor, wat woonstelle, meenthuise en sekuriteitskomplekse insluit, ondervind tans van kwessies soos onbetaalde heffings, agterstande in onderhoud, versekeringstekorte en konflikte oor die afdwinging van reëls. Kenners sê hierdie probleme word dikwels vererger deur swak bestuurstrukture en geskille tussen trustees en inwoners.
Inwoners word aangespoor om hul skemareëls te verstaan, betrokke te bly by bestuursprosesse en finansiële deursigtigheid te verseker om toenemende regs- en finansiële risiko’s in hul komplekse te vermy.








Comments