Internasionale oliepryse styg met meer as 30%
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 21 hours ago
- 1 min read
Namate die konflik tussen Amerika, Israel en Iran sy tweede week binnegaan het internasionale oliepryse het met meer as 30% gestyg.
Volgens internasionale berigte het Brent-ruolie Maandag tot bo $118 per vat gestyg – die hoogste vlak sedert Rusland se inval in Oekraïne in 2022.
Beleggers vrees die konflik kan langer as verwag voortduur.
Die styging in oliepryse, saam met die verswakking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar, kan druk op brandstofpryse in Suid-Afrika plaas.
Intussen sê die Amerikaanse president, Donald Trump, die hoër oliepryse is ’n klein prys om te betaal.







Comments