Iran se nuutste aanval op Israel is glo die ergste sedert die konflik begin het
- Saamgestel deur Jana Roos

- 3 hours ago
- 1 min read
Lugaanvalsirenes het oor groot dele van Israel geloei na 'n nuwe vlaag Iranse aanvalle wat deur Iran se staatsbeheerde uitsaaier beskryf word as die ergste sedert die konflik begin het.
SABC-nuus berig Israel sê hy het talle missiele onderskep wat sy land geteiken het. Iran se Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps sê hulle het 'n satellietkommunikasiesentrum in Haifa in Noord-Israel en ook verskeie militêre basisse geteiken.
Volgens Iran se VN-ambassadeur, Amir Saeid Iravani, is meer as 1 300 Iranse burgerlikes dood sedert Amerika en Israel se lugaanvalle op 28 Februarie begin het. Hy sê byna agtduisend huise is vernietig, asook tientalle mediese- , opvoedkundige en energie-instellings.







Comments