top of page

Jacob Zuma word met Epstein verbind

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

E-posse het onlangs aan die lig gekom wat voormalige president Jacob Zuma verbind met die oorlede seksoortreder, Jeffrey Epstein.


Daily Maverick berig dié e-posse is vrygestel saam met die nuutste onthullings van die Amerikaanse departement van justisie, en dui daarop dat Zuma 'n drie-daagse besoek aan Londen in 2010 afgelê het waartydens hy 'n intieme ete saam met Epstein en 'n Russiese model gehad het.


Die MK-party se woordvoerder het nie kommentaar gelewer nie.


Intussen berig News24 dat Kaapstad glo 'n sentrale speelgrond vir Epstein was. Die vrygestelde dokumente bevat e-posse en reis-rekords wat Epstein en mense wat met hom verbind word daar plaas vir die tydperk tussen 2009 en 2014.


Een e-pos lui dat "die potensiaal vir meisies is groot" in Kaapstad.


GRAFIKA: Daily Maverick
GRAFIKA: Daily Maverick

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page