top of page

Jan Taks waarsku teen vals finale aanmaningsbriewe

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 24
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en Tax Consulting SA waarsku belastingbetalers in die land om op hul hoede te wees vir vals finale aanmaningsbriewe.


Hulle sê met die belastingseisoen wat hierdie week vir nie-voorlopige belastingbetalers sluit, bedrieglike aktiwiteite toeneem.


Belastingbetalers wat die sperdatum gemis het om hul belasting in te dien, of diegene wie se belastingsake nie gefinaliseer is nie, word geteiken deur vals briewe wat beweer dat hulle finale eise en kennisgewings van hofdagvaardings is.


Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en Tax Consulting SA spoor mense wat hierdie kennisgewings ontvang het aan om waaksaam te wees sodat hulle nie slagoffers van ‘n bedrogspul word nie.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page