top of page

‘Jong mense dink finansiële verligting kom van geleentheid eerder as harde werk’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 22
  • 1 min read

Die Good-party sê baie jongmense verkeer onder die illusie dat finansiële verligting uit geleentheid eerder as volgehoue moeite kan kom.


Dit volg op onlangse berigte dat sommige studente hul Nsfas-toelaes gebruik om aanlyn te dobbel.


Volgens die party spruit die neiging uit ’n strewe na vinnige oorwinnings, wat risiko normaliseer en kitsukses ophemel.


Good se jeugvoorsitter, Kaden Arguile, sê hierdie neiging ondermyn dissipline, ambisie en geloof in harde werk en volhoubare vooruitgang.


Hy waarsku dat die krisis ongelykheid kan vererger en jongmense in ’n siklus van ontnugtering en verslawing kan vasvang as dit nie aangespreek word nie.


LUISTER:



Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Recent Posts

See All
NSFAS-toelaes verhoog om lewenskoste te dek

Die minister van hoër onderwys en opleiding, Nobuhle Nkabane, het aangekondig dat die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) se toelaes vir universiteitstudente met 4% verhoog word.

 
 
 

1 Comment


nonnie.oelofse56
Oct 22

Boonop koop hulle motors en vreeslike grand klere, ipv boeke te koop vir hul studies en die universiteitsgelde te betaal....DUIWELS!!!!!

Like
bottom of page