Jong musiektalente wedywer om ’n R100 000-beurs in Bloemfontein

Ses jong Suid-Afrikaanse musikante ding binnekort in Bloemfontein mee om ’n musiekstudiebeurs van R100 000.
Volgens die HumanNaudé Music Scholarship Competition vind die finale rondte van die jaarlikse kompetisie op 20 November in die Odeion aan die Universiteit van die Vrystaat plaas.
Die ses finaliste verteenwoordig die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit Stellenbosch, met drie deelnemers van elk.
Hulle sal ’n uiteenlopende klassieke musiekprogram aanbied met werke van onder andere Bach, Beethoven en Chopin. Die deelnemers verteenwoordig verskillende musiekdissiplines, waaronder klavier, viool, marimba, xilofoon en sang.
Die beurs is daarop gemik om jong Suid-Afrikaanse musiektalent te ondersteun en ’n betekenisvolle bydrae tot die wenner se verdere musiekstudies en loopbaanontwikkeling te lewer.










Comments