Kanonne gaan op Erfenisdag oor Suid-Afrika dreun

Sep 8
1 min read
Die kanon by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein sal ook as deel van ‘n landwye kanonkettingskoot op Erfenisdag, 24 September, afgaan.
Volgens Maroela Media gaan 31 kanonne op vasgestelde tye by historiese terreine reg oor Suid-Afrika afgevuur word.
Die Suid-Afrikaanse Kanonniersvereniging reël die gebeurtenis om die Hollandse kanonoproepstelsel van die 17de eeu te herdenk. Die stelsel is destyds gebruik om boodskappe en waarskuwings oor groot afstande te kommunikeer.
Die kanonkettingskoot is ook deel van pogings om Suid-Afrika se historiese voorlaaikanonne te bewaar en die publiek daarvan bewus te maak.
Vanjaar se geleentheid val saam met die vereniging se 21ste bestaansjaar.








Comments