Kanse vir oorlewing van die vermiste Ekapa-mynwerkers is skraal
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 22
- 1 min read
Daar is 'n groot kans dat die vyf vermiste mynwerkers van die Ekapa-myn in Kimberley, wat ondergronds vasgekeer is, nie oorleef het nie.
Netwerk24 berig dit is volgens die minister van minerale en petroleumbronne, Gwede Mantashe, nadat hy en die Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, Vrydag self in die mynskag af is.
Newskoop berig bedrywighede by dié myn bly opgeskort te midde van die reddingsoperasie om die mynwerkers terug na die oppervlak te bring. Tegniese spanne is steeds op die perseel om die mynwerkers te red, wat sedert Dinsdag vasgekeer is ná ‘n modderstorting.
Stygende watervlakke ondergronds bemoeilik steeds die operasie, wat na verwagting nou langer as verwag sal duur.




Comments