top of page

Mynwerkers is steeds soek na ‘n modderstorting

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 17
  • 1 min read

Updated: Feb 18

Bestuur van die Ekapa Mining in Kimberley in die Noord-Kaap het bevestig dat ’n soek- en reddingsoperasie aan die gang is.


Dit nadat vyf mynwerkers sedert vroeg Dinsoggend ondergronds vasgekeer is ná ’n modderstorting.


SABC News berig volgens bestuur is kommunikasie met die werkers afgesny en is hulle tans nog onbereikbaar. Reddingspanne werk voort om toegang tot die betrokke gebied te verkry.


Die families van die vermiste mynwerkers is intussen in kennis gestel. Meer besonderhede sal bekend gemaak word sodra dit beskikbaar is.


Ter illustrasie. FOTO: DFA
Ter illustrasie. FOTO: DFA

 
 
 

Comments


bottom of page