top of page

Karoo-donkies kry 'n nuwe tuiste

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

Die Karoo Donkey Sanctuary in die Wes-Kaap het nuwe hoop gevind na ‘n jaar op die rand van nood.


Die organisasie, wat vir meer as ‘n dekade mishandelde en verlate donkies gered het, is gedwing om sy gehuurde eiendom in Prins Albert te verlaat nadat ‘n befondsingsbelofte deur die mat geval het.


Verligting het gekom toe ‘n groep beleggers gehelp het om ‘n 500-hektaar plaas naby Meiringspoort in De Rust te koop. Die plaas is gepas Die Hoop genoem.


Die stigter, Jonno Sherwin, sê die skuif was ‘n reddingsboei vir die 400 diere in hul sorg. In ‘n video op hul YouTube-kanaal kan dosyne donkies gesien word wat rondhardloop en balk in die nuwe ruimte.


FOTO: Karoo Donkey Sanctuary
FOTO: Karoo Donkey Sanctuary

Comments


bottom of page