Kearney is weer voor die hof ná die N8-ongeluk
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 20
- 1 min read
Die 20-jarige Tristan Kearney sal Woensdag sy tweede verskyning in Bloemfontein se streekhof maak in verband met die ongeluk waarin drie kinders verlede jaar Januarie oorlede is.
Vriende en familie van die drie kinders sal op die herdenking van hul dood op die toneel van die ongeluk bymekaarkom. Netwerk24 berig kruise met blomme is langs die N8-hoofweg vir die Smit-boeties, Ryan en Ayden, sowel as hul niggie, Leané van Papendorp, opgerig.
Die ongeluk het op die eerste skooldag verlede jaar, 24 Januarie, by die kruising by die Aljo’s Spar plaasgevind. 'n Maatjie, Tennique Joubert, het die ongeluk oorleef.
Die kruise was Maandag met blomme en Kersversierings versier.





Comments