top of page

Niemand is nog na berugte N8-ongeluk vervolg nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 27, 2025
  • 1 min read

Updated: Jan 24

Vyf maande ná die berugte ongeluk op die N8 by die Aljo’s Superspar verkeerslig buite Bloemfontein, wat die lewe van drie Dr. C.F.Visser-leerders geëis het, is niemand nog vervolg nie. Die 19-jarige bestuurder wat glo die ongeluk veroorsaak het, is na bewering nou in Amerika. Volgens ooggetuies op die ongelukstoneel het sy bakkie, wat ‘n sleepwa met staal gesleep het, glo nie by die rooi verkeerslig gestop nie. Polisie-woordvoerder, Kapt Loraine Earl, het aan Bloemnuus gesê die ondersoek na die ongeluk is afgehandel. Sy voeg by die dossier sal sodra dit volledig is, vir die Departement van Openbare Vervolging gestuur word sodat ‘n beslissing gemaak kan word.

 
 
 

Comments


bottom of page