Kerke moet mense vertel wat die regering vir hulle doen

Kerke moet volgens die Vrystaatse premier MaQueen Letsoha-Mathae mense inlig oor die dienste en hulp wat die regering bied, veral aan mense wat dit die nodigste het.
Luidens ‘n plasing op die Vrystaat Regering se sosiale media voorsien die regering onder meer gratis skooluniforms aan kinders wie se ouers dit nie kan bekostig nie, terwyl leerders ook by skole gevoed word.
Letsoha-Mathae reken kerke moet help om dié boodskap aan gemeenskappe oor te dra, sodat mense weet watter ondersteuning beskikbaar is.
Sy doen ook ’n beroep op kerke om saam met die regering te werk om maatskaplike probleme in gemeenskappe aan te pak.
Die premier waarsku onder meer teen mense wat kerke stig en kwesbare inwoners glo vir finansiële gewin uitbuit, asook dié wat vroue teiken.








Comments