top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kontrakteurs in die Vrystaat moet pa staan vir hul werk

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 19
1 min read

Vrystaatse afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies eis dat kontrakteurs wat provinsiale projekte vertraag of nie voltooi, geswartlys word.


Volgens inligting van die Parlement volg dit op ’n vergadering met premier MaQueen Letsoha-Mathae en die Ouditeur-Generaal oor uitgerekte infrastruktuurprobleme in die provinsie.


Die afgevaardigdes is veral besorg oor die Pelonomi-hospitaal se kraam- en neonatale eenheid, wat reeds meer as agt jaar lank sloer. Dié vertragings veroorsaak oorvol sale en verhoog die risiko van infeksies vir pasiënte.


Die vertraagde Tweespruit-Excelsior-pad is ook uitgelig, wat volgens die Ouditeur-Generaal aan swak kontrakbestuur te wyte is.


Die afgevaardigdes eis nou strenger aanspreeklikheid en dat voortslepende kontrakteurs by die Tesourie en professionele liggame aangemeld word.


Ter illustrasie. FOTO: Sunday World
Ter illustrasie. FOTO: Sunday World

 
 
 

Comments


bottom of page