Koppies is vir etlike dae sonder water

44 minutes ago
1 min read
Koppies-inwoners in die Vrystaat is al vir etlike dae sonder water ná foute by twee munisipale waterpompe.
Die DA sê sommige gebiede het sedert 7 November geen toevoer gehad nie, met geen bevestigde datum vir volle herstel nie.
Die munisipaliteit het verwag dat 'n groter vervangingspomp Vrydag sou arriveer en het aangedui dat watertenkwaens gereël sal word.
Die DA se burgemeesterskandidaat, Carina Serfontein, eis noodwatervoorrade, dringende pompvervangings en 'n duidelike herstelplan. Die party sê dat hulle die situasie sal aanhou monitor totdat die toevoer herstel is.










Comments