Vyf VS regeringsgeboue is weens infrastruktuurprobleme gesluit

41 minutes ago
1 min read
Vyf regeringsgeboue in die Vrystaat is sedert 2025 weens infrastruktuurprobleme gesluit. Dit is volgens die VF Plus.
In 'n skriftelike reaksie aan die party het die premier, Maqueen Letsoha-Mathae, bevestig dat arbeidsowerhede kantore gesluit het wat aan die departemente van Gesondheid, Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings, Onderwys en Maatskaplike Ontwikkeling behoort.
Die party se Armand Cloete blameer swak instandhouding en sê die party sal 'n verslag oor die infrastruktuurprobleme en 'n plan eis om dit aan te spreek.










Comments