top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Afghanistan vroue speel T20 vertoonwedstryd voor begin van Ashes-reeks

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 31, 2025
1 min read

‘n Groep vroue krieketspelers van Afghanistan het Donderdag ‘n T20-vertoonwedstryd in Australië gespeel. Die wedstryd was in Melbourne beslis voor Australië en Engeland se Ashes  toetswedstryd begin het by die nabygeleë  MCG. Die span het gespeel as die Afghanistan vroue 11-tal teen ‘n Krieket-Sonder-Grense span en het in kleredrag gespeel wat hulle self ontwerp het. Een van die spelers Firoza Amiri het gesê dit is baie spesiaal om na drie jaar weer as ‘n groep saam te trek en dat hulle miljoene Afghaan vroue verteenwoordig wie se regte in die land geskend word. Die Krieket Sonder Grense span het diè wedstryd met sewe paaltjies gewen.

 
 
 

Comments


bottom of page