top of page

KRIEKET: Annerie Dercksen wen IKR-prys

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 27, 2025
  • 1 min read

Die Protea-vrouekrieketspeler, Annerie Dercksen, is aangewys as die Internasionale Krieketraad se Opkomende Vrouespeler van die Jaar vir 2024. Derksen was een van die uitstaanspelers vir die Protea vroue en goeie bydraes gemaak in alle afdelings van die spel oor al drie formate. Sy het veral uitgestaan in T20s, waar sy 161 lopies gemaak het oor 17 wedstryde en 5 paaltjies geneem het. Sy is die eerste Suid-Afrikaanse vrouespeler om die titel van Opkomende Vrouespeler van die jaar te ontvang, en sluit by Janneman Malan en Marco Jansen aan wat die titel in die mans afdeling ontvang het.

 
 
 

Comments


bottom of page