KRIEKET: Arshdeep is beboet na ‘n voorval tydens die T20-eindstryd
- Saamgestel deur Jana Roos

- 6 hours ago
- 1 min read
Die Indiese snelbouler, Arshdeep Singh, is deur die Internasionale Krieketraad beboet ná ‘n voorval tydens die T20 Wêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland.
Arshdeep het die bal teruggegooi na die Nieu-Seelandse kolwer, Daryl Mitchell, nadat ‘n skoot na hom gespeel is, wat die kolwer op die beenskut getref het en ‘n verhitte reaksie ontlok het. Mitchell het die bouler gekonfronteer voordat die skeidsregter ingegryp het, terwyl die Indiese kaptein, Suryakumar Yadav, namens sy spanmaat om verskoning gevra het.
Die IKR het beslis dat Arshdeep sy Gedragskode oortree het omdat hy die bal op ‘n onvanpaste of gevaarlike manier gegooi het en hom met 15 persent van sy wedstrydfooi beboet, ‘n sanksie wat hy aanvaar het nadat hy later aan Mitchell om verskoning gevra het.







Comments