KRIEKET: Australië se snelboulaanval gaan behoorlik deur Engeland se toporde kolflys beproef word wanneer die Reeks om die As in November begin
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 29, 2025
- 1 min read
Australië se veelsydige naatbouler Josh Hazlewood erken dat Australië se boulers ‘n groot toets in die gesig staar wanneer Engeland vir die Ashes arriveer met Joe Root en Harry Brook wat die bo-aan die Toets-kolfranglys pryk. Brook het die lopies teen Indië laat vloei terwyl Root in die vorm van sy lewe is met ‘n toets-gemiddelde van tans 51.29 Die naatbouler sê Engeland se toporde is vol gehalte en verwag ‘n strawwe uitdaging op tuisbodem wanneer die die Reeks om die As die 21ste November in Perth begin.






Comments