top of page

KRIEKET: Bangladesh sink die Proteas in die tweede wedstryd van die o.19 jeug eendag-reeks

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 7
  • 1 min read

Suid-Afrika se o.19’s het Bangladesh in ernstige moeilikheid gehad 68 / 5 tydens hul laaste rondomtalie Jeug-eendagreeks in Harare. Bayanda Majola het ‘n uitstaande vertoning met die bal gelewer en 4 / 29 in sy 10 boulbeurte platgetrek. Die wedstryd is egter op sy kop gedraai met Samiun Basir se onoorwonne 52 lopies van 36 balle wat Bangladesh na ‘n oorwinning met vyf paaltjies gelei het met meer as 20 boulbeurte oor. Dit was Bangladesh se tweede oorwinning oor Suid Afrika in drie wedstryde met die spanne wat weer in Sondag se eindstryd sal speel.

 
 
 

Comments


bottom of page