top of page

KRIEKET: De Kock skitter terwyl Proteas T20-reeks beklink

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • 5 days ago
  • 1 min read

Quinton de Kock het ‘n verstommende 115 lopies gelewer om Suid-Afrika tot ‘n oorwinning met sewe paaltjies oor die Wes-Indiese Eilande in die tweede T20 Internasionaal by Supersport Park te lei, nadat hulle 221 lopies gejaag het, met 15 balle oor.


De Kock het ‘n tweede paaltjie-vennootskap van 162 lopies met Ryan Rickelton opgestel, wie ‘n onoorwonne 77 van 36 balle geslaan het.


Suid-Afrika, wat ook die openingswedstryd met nege paaltjies gewen het, het die reeks beklink voor die derde en laaste ontmoeting Saterdag by die Wanderers.


Quinton de Kock. FOTO: News24
Quinton de Kock. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page