KRIEKET: Derde toets tussen Engeland en Indië aan einde van eerste dag perfek gebalanseer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 11, 2025
- 1 min read
Die derde toets tussen Engeland en Indië was aan die einde van die eerste dag perfek gebalanseer waar die tuisspan besluit het om eerste te kolf op 'n stadige Lord’s blad. Engeland het binne die eerste uur reeds twee paaltjies verloor maar daarna het Joe Root en Ollie Pope die herstelwerk gedoen met ’n vennootskap van 109 lopies om die derde paaltjie. Engeland was teen uitskeityd op 251 / 4 met Root op 99* wat op soek is na sy 37ste toets-honderdtal en kaptein Ben Stokes met 39* wat Vrydagoggend sal kom voortkolf. Die reeks is gelykop met 1-1 nadat Indië ‘n oorwinning van 336 lopies in die tweede toets by Edgbaston behaal het terwyl Engeland met vyf-paaltjies geseëvier het in die openingswedstryd op Headingley.






Comments