KRIEKET: Die Baggy Greens speel klaar met die Proteas om T20-krieketreeks te wen
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 18, 2025
- 1 min read
Australië was ook net te goed vir die Proteas in die derde en beslissende T20-wedstryd in Cairns en het met twee paaltjies dié reeks beklink. Suid-Afrika het eerste gekolf en 172 / 7 opgestapel met Dewald Brevis wat weer uitgeblink het met 53 van 26 aflewerings. Sy beurt het een vier en ses sesse ingesluit. Dit was egter die onvoorspelbare mokerman Glenn Maxwell wat sy span se held was met ‘n onoorwonne 62 waar hy ook heel gepas die wenlopies van die tweede laaste aflewering met ’n omgekeerde veehou grens toe gestuur het vir die wen-vier. Die eendag-reeks begin Dinsdagoggend om 06:30 (SA Tyd) in die kusstad Mackay in Queensland.






Comments