top of page

KRIEKET: Die beseerde Will O’Rourke keer huistoe terwyl Swart Pette vir Ben Lister nader trek vir die tweede toets teen Zimbabwe

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 6, 2025
  • 1 min read

Die Nieu-Seelandse snelbouler Will O’Rourke is weens ‘n rugbesering uitgesluit van die tweede toets teen Zimbabwe en sal huistoe gaan vir behandeling. O’Rourke het beïndruk met syfers van 3 / 28 in die tweede beurt van die eerste toets in Bulawayo wat die Swart Pette gehelp het om met nege paaltjies te wen. Ben Lister wat reeds as beseringsdekking saam toer sal vir die res van die reeks by die groep bly. Die tweede en laaste toets begin Donderdag by die Queens Sport Klub in Bulawayo.

 
 
 

Comments


bottom of page