KRIEKET: Die IKR ontken bewerings van onregverdige behandeling van T20-nasies
- Saamgestel deur Jana Roos

- 7 hours ago
- 1 min read
Die Internasionale Krieketraad (IKR) het bewerings ontken dat spanne wat aan die onlangse T20 Wêreldbeker deelgeneem het, onregverdig behandel is.
Suid-Afrika en die Wes-Indiese Eilande het vir meer as ’n week ná die toernooi in Indië gebly.
Lugdienste het vlugte gekanselleer of herlei weens die oorlog in die Midde-Ooste.
Die Wes-Indiese Eilande sê die wagtyd het spanning in die span verhoog, en die voormalige Engelse kaptein, Michael Vaughan, het die situasie gekritiseer. Engeland het 36 uur nadat hulle uit die toernooi uitgeskakel is vertrek.
Inutssen sê die IKR veiligheidsmaatreëls moes geïmplementeer word.







Comments