KRIEKET: Die Protea draaier Prenelan Subrayen word uitgewys weens ’n verdagte boulaksie
- Armando Pieters

- Aug 21
- 1 min read
Met die tweede kragmeting in die T20-reeks wat Vrydag teen Australië begin het wedstryd beamptes die Protea draaier Prenelan Subrayen uitgewys weens ’n verdagte boulaksie in Dinsdag se eerste wedstryd in Cairns. Die 31-jarige wegbreekdraaier sal sy aksie binne 14 dae moet assesseer en sal wel intussentyd toegelaat word om te speel. Volgens die IKR se reëls word ’n bouler toegelaat om sy elmboog teen ’n maksimum van 15 grade te buig ten tye waar die bal afgestuur word. Hy is vantevore ook uitgewys vir ’n onwettige boulaksie en in 2012 deur Krieket Suid-Afrika onder rehabilitasie geplaas. Subrayen het in sy eendagdebuut 1 / 46 geneem en ook onlangs sy toets-debuut teen Zimbawe in Bulawayo gemaak.





Comments