KRIEKET: Die Protea-vroue is Saterdag in hul laaste groepswedstryd uitgeboender
- Armando Pieters

- Oct 27
- 1 min read
Die Protea-vroue is Saterdag in hul laaste groepswedstryd van die Wêreldbeker vir slegs 97 lopies uitgeboender ná ‘n belowende begin teen Australië.
Alana King het die Suid-Afrikaanse kolwers met haar draaiwerk verwar en met indrukwekkende syfers van 7-18 geëindig.
Dit was nie die eerste keer dat die Proteas se kolfwerk geknou is nie, maar hulle het vroeër sterk herstel met oorwinnings oor Nieu-Seeland, Indië, Bangladesj, Sri Lanka en Pakistan.
Kaptein, Laura Wolvaardt, sê haar span moet hierdie nederlaag agter hulle laat en fokus op hul goeie spel voor die halfeindstryd teen Engeland.






Comments