KRIEKET: Die Proteas het Dinsdag ná 'n katastrofiese kolfineenstorting deur Engeland die eerste eendagwedstryd tussen die spanne gewen
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 3
- 1 min read
Die Proteas het Dinsdag ná 'n katastrofiese kolfineenstorting deur Engeland die eerste eendagwedstryd tussen die spanne maklik met sewe paaltjies op Headingley in Leeds gewen.
Keshav Maharaj (4 vir 22) en Wiaan Mulder (3 vir 33) het die Engelse op 102 vir 3 met sewe paaltjies vir 29 lopies in duie laat stort.
Dit was Engeland se tweede laagste totaal tot nog toe teen Suid-Afrika.
Die Proteas het daarna met Aiden Markram met 137/ 3 in 20.5 beurte geantwoord.
Die tweede van die drie eendagwedstryde word Donderdag op Lord’s gespeel.





Comments