KRIEKET: Die Proteas trap Australië in die eerste eendagwedstryd in Cairns
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 19, 2025
- 1 min read
DieProteas is terug op die wenpad nadat hulle Australië in die openingswedstryd in Cairns met 98 lopies getrap het. Die top vier Aiden Markram, Ryan Rickelton, kaptein Temba Bavuma en Matthew Breetzke het die platvorm gelê en verseker die besoekers bereik ’n totaal van 296 / 8 in hul 50 beurte. Australië se openingspaar van Travis Head en Mitch Marsh het self ’n goeie fondasie gelê maar dit was die Speler van die Wedstryd Keshav Maharaj wat geskitter het met syfers van 5 / 33. Die tweede wedstryd in die reeks word Vrydag in die Great Barrier Reef Arena in Mackay beslis.






Comments