top of page

KRIEKET: Die Proteas trek die T20-reeks teen Australië gelyk danksy ’n skitter kolfvertoning deur Dewald Brevis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 12, 2025
  • 1 min read

Die Proteas het sake gelyk getrek teen Australië nadat hulle die tweede wedstryd in die T20-reeks met 53 lopies gewen het. Die Suid-Afrikaners het eerste gekolf en danksy ’n puik beurt deur Dewald Brevis 218 / 7 opgestapel. Brevis het vuur gemaak onder die Australiese boulers en sy eerste 100-tal en toe daarna die rekord van die hoogste telling in ‘n internasionale T-20 wedstryd vir Suid-Afrika agter sy naam geskryf. Sy beurt van 125* van net 56 aflewerings het 12 viere en 8 sesse ingesluit. Australië het die teiken versigtig benader en toe Tim David se haastige bydrae van 50 lopies weer die gevaarligte laat flikkker was dit Kwena Maphaka en Corbin Bosch wat met drie paaltjies elk die tuisspan se aanslag tot ’n einde gebring het. Die derde en beslissende wedstryd word Saterdag in Cairns beslis.

 
 
 

Comments


bottom of page