KRIEKET: Die Proteas val vas teen Australië in die eerste T20-ontmoeting in Darwin
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 11
- 1 min read
Die Proteas het hul reeks teen Australië op ’n lae noot begin toe hulle met 17 lopies in die eerste T20-wedstryd in Darwin vasgeval het.
Die tuisspan het eerste gekolf en danksy ’n stewige bydrae deur Tim David met 83 lopies ’n totaal van 178 bereik terwyl Kwena Maphaka die beste met die bal gevaar het en vier kolwers laat terugstap het vir 20 loies.
Die besoekers het goed begin maar uit boulbeurte gehardloop. Ryan Rickelton het probeer walgooi maar was uiteindelik uitgehaal vir 71 lopies.
Die volgende wedstryd word weer Dinsdag by die Marrara Krieket Gronde gespeel en begin om 11:15 (SA tyd).





Comments