KRIEKET: Die Roses Cup Meisies Kriekettoernooi ‘n eerste vir sentraal Suid-Afrika
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 5
- 1 min read
Die Roses Cup Meisies Kriekettoernooi sal van 6 tot 9 Januarie 2026 geskiedenis maak by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein. Hierdie baanbrekersgeleentheid is die eerste meisieskriekettoernooi ooit wat in sentraal Suid-Afrika plaasvind en verteenwoordig ’n belangrike mylpaal vir die groei en ontwikkeling van vrouekrieket in die Vrystaat.
Die toernooi wat aangebied word deur Free State Apparel word gedryf deur ’n duidelike visie om jong meisieskrieketspelers te ontwikkel, te bemagtig en volhoubare geleenthede vir talentidentifikasie te skep.
Deur jong spelers, ervare afrigters en toegewyde mentors bymekaar te bring, fokus die Roses Cup op die bou van vaardighede, selfvertroue en karakter op en van die veld af.
Volgens organiseerder, Christelle Erasmus, is ’n groot hoogtepunt dat uitstaande spelers Suid-Afrika by die wêreld-eksklusiewe Dubai 7’s Dogters Kriekettoernooi sal verteenwoordig.







Comments