top of page

KRIEKET: Die Suid-Afrikaanse o/19 vroue bespreek hul plek vir Super 6 fase

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 27, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse o/19 vroue span het nog ’n tree nader gegee oppad na ’n eerste T20 wêreldbeker-trofee nadat hulle Ierland in die Super 6 fase met sewe paaltjies geklop het. Diè wedstryd is ook weens reên na 10 boubeurte per span verminder. Ierland het eerste gekolf en was vroeg reeds in die moeilikheid en was almal terug in die kleedkamer vir ’n skamele 35 lopies. Die Speler van die Wedstryd Monalisa Legodi het vier paaltjies laat kantel vir vier lopies en is skitterend ondersteun deur Kayla Reyneke wat ook drie kolwers teruggestuur het vir twee lopies in 10 aflewerings. Die Jong Proteas speel Dinsdagoggend teen die VSA met diè wedstryd wat om 04:30 (SA tyd) begin.

 
 
 

Comments


bottom of page