top of page

KRIEKET: Die veelsydige Protea speler Corbin Bosch oortree die IKR se Vlak 1 gedragskode

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 14, 2025
  • 1 min read

Die veelsydige Protea speler Corbin Bosch is deur die Internasionale Krieketaad gestraf nadat hy ’n Vlak 1 oortreding van die IKR se gedragskode begaan het. Dié voorval was tydens Dinsdag se wedstryd teen Australië wat die Proteas met 53 lopies gewen het. Bosch het Arikel 2.5 van die gedragskode vir spelers en ondersteunings personeel oorskry wat lei: “using language, actions and gestures which disparage or which could provoke an aggressive reaction from a batter upon his/her dismissal during an Internaional Match.” Die insident het plaasgevind in die 17de boulbeurt toe Bosch vir Ben Dwarshuis beduie het waar sy span se kleedkamer was toe hy sy paaltjie geneem het. Bosch is met een meriete punt gestraf  en het dié straf aanvaar en sodoende ’n amptelike tugverhoor vermy. Die wenner van die T20-reeks word Saterdag bepaal wanneer die twee spanne mekaar in Cazaly Stadion in Cairns gaan aanvat.

 
 
 

Comments


bottom of page