top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Engeland en Australië se T20-reeks eindig gelyk na reën

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 16, 2024
1 min read

Die driewedstryd internasionale T20-reeks tussen Engeland en Australië het 1-elk geëindig na die laaste wedstryd afgelas is.

Aanhoudende reën in Manchester het gekeer dat ‘n enkele bal geboul word.

Die twee lande deel die reeks na Australië die eerste wedstryd in Southampton gemaklik gewen het, voor die Engelse in Cardiff 194-lopies gejaag het.

Hulle sal nou koppe stamp in ‘n vyfwedstryd eendagreeks, met die eerste wat Donderdag in Nottingham beslis word.

 
 
 

Comments


bottom of page