top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Engeland oorrompel Windies in eerste eendagwedstryd op Edgbaston

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 30, 2025
1 min read

Engeland het die Wes-Indiese Eilande oorrompel in die eerste eendagwedstryd op Edgbaston en die eilandbesoekers met 238 lopies afgeransel. Die tuisspan het ’n reuse 400 / 8 bymekaar gemaak met veral die middeorde kolwer Jacob Bethell wat die oog gevang het met 82 lopies. Die Engelse boulers gelei deur Saqib Mahmood en Jamie Overton het tussen hulle ses paaltjies laat kantel vir slegs 54 en die Windies tot 162 lopies beperk. Diè oorwinning het Engeland se sewe agtereenvolgende nederlae in die formaat beëindig en loop nou 1 – 0 voor in die driewedstryd-reeks.

 
 
 

Comments


bottom of page