KRIEKET: IKR bevestig vroue T20 KWB het groter pryspot
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 18, 2024
- 1 min read
Die Internasionale Krieketraad het bevestig dat die prysgeld vir die T20 Krieketwêreldbeker vir vroue vermeerder het. Daar is ’n rekord $7.96-miljoen in die pryspot waar die wenner van die toernooi $2.34-miljoen sal ontvang - wat meer as dubbel is as die van die vorige toernooi in 2023. Die naaswenner sal $1.17-miljoen ontvang terwyl elk van die tien deelnemende spanne $112 500 elk sal ontvang. Die T20 Krieketwêreldbeker vir vroue skop oor twee weke af in die Verenigde Arabiese Emirate.






Comments