top of page

KRIEKET: Indië deel die toetsreeks teen Engeland na ’n dramatiese einde op Dag 5

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 4, 2025
  • 1 min read

In een van die beste toetsreekse van die afgelope paar jare het Indië die vyfde en laaste toets teen Engeland op Dag 5 met ses lopies beklink en deel sodoende die Anderson-Tendulkar trofee. Engeland het kom voortkolf en nog 35 lopies benodig en vier kolwers oor maar het stelmatig paaltjies verloor maar dit was die Speler van die Wedstryd Mohammed Siraj wat die laaste paaltjie platgetrek het vir ‘n roemryke oorwinning. Die held in die verloorspan was egter die heldhaftigheid van Chris Woakes wat met ‘n ontwrigte skouer kom kolf het om sy span te help om ‘n reeks-oorwinning te verseker. Sy skouer was in ‘n sling  en hy kon die kolf met net slegs een hand vashou en het in groot pyn verkeer maar tot aan die einde vasgebyt waar die einste Siraj sy kolfvennoot Gus Atkinson se wegpen met die eerst bal van die 86ste boulbeurt ontwortel het. Die reeks eindig gelykop met 2 - 2.

 
 
 

Comments


bottom of page