top of page

KRIEKET: Keshav Maharaj terug bo-aan die IKR-ranglys vir internasionale eendag-boulers

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 22
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse draaibouler Keshav Maharaj het nou tot bo-aan die IKR-mans-eendagbouler-rangly ingeskuif na sy indrukwekkende  vertoning teen Australië in Cairns waar hy 5 / 33 platgetrek het. Suid-Afrika se Aiden Markram en Temba Bavuma het tot onderskeidelik die 21ste en 23ste plekke geklim terwyl Rassie van der Dussen tans die 13de plek beklee. Intussen is Australië se Adam Zampa berispe vir die gebruik van gekruide taal tydens die eerste eendag-wedstryd teen Suid-Afrika en was met een meriete punt beboet. Die Proteas en Australië is vanoggend terug op die speelveld in die tweede wedstryd wat in Mackay gespeel word.

 
 
 

Comments


bottom of page