KRIEKET: Mangaung maak gereed vir moontlike 2027 Wêreldbeker-wedstryde
- Saamgestel deur Jana Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die Mangaung Metro is geoormerk as ’n moontlike gasheerstad vir die komende Krieketwêreldbeker van 2027.
Die burgemeester, Gregory Nthatisi, het saam met die stadsbestuurder en ander amptenare met Krieket Suid-Afrika vergader oor hierdie wêreldklas geleentheid.
Nthatisi sê in 'n Facebook-plasing die aanbieding van hierdie groot gebeurtenis is ’n geleentheid om mense-tot-mense-verhoudings te bevorder, kulturele diversiteit te versterk en ekonomiese ontwikkeling te stimuleer deur ’n verskeidenheid sosiale en sake-dienste.
Hy voeg by hulle hoop dat die geleentheid die stad se kapasiteit as ’n mekka vir sport sal demonstreer, en ook die gasvryheid van die mense van Mangaung sal uitlig. Hy sê dit is baie belangrik dat hierdie geleentheid rondom kriekliefhebbers gesentreer is, wat plaaslike en internasionale krieketaanhangers in hul metro sal verwelkom. Nthatisi het ook sy trots uitgespreek dat die Mangaung Oval-stadion internasionaal geakkrediteer is om groot toernooie van hierdie omvang aan te bied, en dat hulle hul beste pogings sal aanwend om ’n bydrae te lewer om die aanbieding van hierdie geleentheid ’n groot sukses te maak.







Comments