top of page

KRIEKET: MI Cape Town haal groot geld uit vir Reeza Hendricks

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 2, 2024
  • 1 min read

Die SA20-span, MI Cape Town, het hulle beursie wyd oopgemaak om die dienste te bekom van die Proteakolwer Reeza Hendricks. Die spelersveiling vir die derde weergawe van die SA20 is Dinsdagaand in Kaapstad aangebied. Hendricks se intreeprys was R175 000, maar na ‘n bodstryd met die Pretoria Capitals het die prys opgeskiet na vier-komma-twee miljoen rand voor die Gautengspan uitgetrek het. Intussen gaan die Sunrisers Eastern Cape die tweede grootste fooi betaal, van R2,3 miljoen, vir die Engelse snelbouler Richard Gleeson.

 
 
 

Comments


bottom of page