top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: MI Cape Town spog met eerste SA20-titel na hulle Sunrisers Eastern Cape in eindstryd oorrompel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 10, 2025
1 min read

MI Cape Town het Saterdagaand vir die heel eerste keer die SA20-titel gewen nadat diè Kaapse franchise die verdedigende kampioen die Sunrisers Eastern Cape met 76 lopies vanaf hulle troon kon lig op die Wanderers. MI Cape Town het ’n wentelling van 181 / 8 opgestapel en daarna SEC  almal uitgehaal vir slegs 105 lopies. Marco Jansen was die Speler van die Toernooi en Bouler van die Seisoen terwyl die jong Lhuan-dre Pretorius as Kolwer van die Toernooi aangewys is. *13 gelukkige toeskouers het ook na afloop van die SA20-reeks elkeen met byna R154 000 weggestap nadat hulle een hand vangskote gedurende die toernooi oor verskeie stadions in die land kon benut het waar ’n boerpot van R2 miljoen op die spel was.

 
 
 

Comments


bottom of page