KRIEKET: Nepal laat Engeland sweet in T20-Wêreldbeker
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 9
- 1 min read
Die T20-Wêreldbeker in Indië en Sri Lanka het reeds verskeie amperse opskuddings opgelewer.
Nepal het Sondag in Mumbai byna vir Engeland op dramatiese wyse laat struikel.
Met Lokesh Bam se aggressiewe 39 van 20 balle was Nepal net een grenshou van ’n historiese oorwinning, nadat hulle 13 lopies van die laaste nege balle benodig het.
Sam Curran het egter sy kop koel gehou en net vyf lopies in die laaste boulbeurt afgestaan om Engeland met vier lopies te laat wen.







Comments