top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Ngidi mis toetsreekse teen Sri Lanka en Pakistan

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 15, 2024
1 min read

Die Protea snelbouler, Lungi Ngidi, gaan nie betrokke wees in die Proteas se toetsreekse teen Sri Lanka en Pakistan nie. Die 28-jarige het vir skanderings gegaan na die Proteas se terugkeer uit Bangladesh wat adduktor-probleme aan die lig gebring het en volgens Krieket Suid-Afrika sal Ngidi eers van Januarie kan terugkeer na die krieketveld. KSA het verder bevestig dat hulle Maandag sal weet of kaptein Temba Bavuma beskikbaar sal wees vir die reeks teen Sri Lanka wat op 27 November in Durban begin.

 
 
 

Comments


bottom of page