top of page

KRIEKET: Nieu-Seeland en Afghanistan maak geskiedenis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 16, 2024
  • 1 min read

Nieu-Seeland en Afghanistan se toetswedstryd wat uitgereën het, het geskiedenis gemaak vir al die verkeerde redes. Die wedstryd by die Greater Noida sport kompleks was afgelas sonder dat ‘n enkele bal geboul is, en was die eerste toetswedstryd in 26 jaar waar geen krieket gespeel is nie. Die laaste was op 20 Desember in 1998 in ‘n Toetswedstryd tussen Nieu-Seeland en Indië in Dunedin. Die Nieu-Seelanders sal nou reis na Sri Lanka vir ‘n reeks van twee Toetswedstryde wat Woensdag begin.

 
 
 

Comments


bottom of page