SOKKER: Arsenal is deur na die Ligabeker-eindstryd
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Arsenal het die Ligabeker-eindstryd vir die eerste keer in agt jaar gehaal, na ‘n 1-0 halfeindstryd-oorwinning oor Chelsea in die tweede been by die Emirates-stadion.
Ten spyte daarvan dat hulle Martin Odegaard en Bukayo Saka gemis het, het Arsenal ‘n moeilike, reënerige wedstryd gewen, met Chelsea wat gesukkel het om besit in kanse te omskep, selfs nadat hulle Cole Palmer ingebring het.
Mikel Arteta se span sal hul eerste eindstryd in ses jaar betwis en wag nou op Manchester City of Newcastle by Wembley op 22 Maart.







Comments