KRIEKET: Nieu-Seeland stof Pakistan uit in Karachi
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 20, 2025
- 1 min read
Nieu-Seeland het hulle Kampioene Beker-veldtog op ’n wennoot in Karachi afgeskop nadat hulle Pakistan met 60 lopies kon klop. Die Swart Pette het 320 / 5 opgestapel met Will Young en Tom Latham wat die uitblinkers was met beurte van onderskeidelik 107 en 118*. Die tuisspan het die teiken versigtig benader en geleidelik versnel maar die lopiejaagtog vir te laat gelos en was almal terug in die kleedkamer vir 260. *Bangladesh speel Donderdag teen Indië in wedstryd nommer twee van diè kompetisie waarna die Proteas hul aanslag Vrydag teen die onvoorspelbare Afghanistan sal loods.







Comments