KRIEKET: Pant terug vir Indië se Toetsbotsing met Suid-Afrika
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 6
- 1 min read
Rishabh Pant is teruggeroep na Indië se Toetsgroep vir die komende twee-wedstryd reeks teen Suid-Afrika.
Die paaltjiewagter-kolwer het sy fiksheid gedemonstreer met ‘n beheerste 90 vir Indië A teen Suid-Afrika A in Bengaluru verlede week.
Snelbouler, Akash Deep, sluit ook weer by die groep aan, terwyl kaptein, Shubman Gill en snelbouler Jasprit Bumrah, na die voortgesette T20-reeks in Australië sal skakel.
Die eerste toets begin op 14 November in Kolkata, gevolg deur die tweede in Guwahati op 22 November, met Indië en Suid-Afrika onderskeidelik derde en vierde in die Wêreld Toetskampioenskap-puntelys.






Comments